Skip links

Letters to the NICU: From Carla

Liewe NICU ouer,

 

Geluk met die geboorte van jou baba. Ek weet dinge het dalk nie gebeur soos jy gedink het dit sal nie, maar onthou dis jou en jou baba se storie. Die NICU kan ‘n baie alleen ervaring wees. Ek het twee preemies, ‘n 34 weeker (nou 3) en ‘n 35 weeker (nou 2 maande). My oudste dogter was 22 dae in NICU en my jongste was 10 dae. Ek onthou eendag het ‘n vriendin my gewatsapp en gevra wanneer my oudste huis toe kom en ek het net gehuil. Onophoudelik. In die NICU. Die arme verpleegsters het nie geweet wat om met my te maak nie. Al voel jy alleen, jy is nie. Hou moed. Ek het baie gebid en Bybel gelees. Ek het veral Psalm 139 gelees. Dis ok om bang en onseker te wees. Weet net jy is nie alleen nie. Dit gaan ok wees. My oudste dogter is ‘n tipiese drie jarige. Sy wil net swaai, speel en roomys eet. Die dae in die NICU voel oneindigend. Maar weet dat hierdie ervaring ook eendag net ‘n herinnering gaan wees. Vat dit halfuur-vir-halfuur. Alles sal ok wees.

 

Jy en jou baba is baie sterker as wat jy besef. Hou moed.

 

Liefde,

Carla

Photo by Karl Magnuson on Unsplash